Die Uur van die Idiote

by Abraham H De Vries | Literature & Fiction |
ISBN: 0798110473 Global Overview for this book
Registered by Stoepbrak of Cape Town, Western Cape South Africa on 9/16/2011
Buy from one of these Booksellers:
Amazon.com | Amazon UK | Amazon CA | Amazon DE | Amazon FR | Amazon IT | Bol.com
This book is in the wild! This Book is Currently in the Wild!
2 journalers for this copy...
Journal Entry 1 by Stoepbrak from Cape Town, Western Cape South Africa on Friday, September 16, 2011
Sinopsis (Krediet: Agterblad)

Die uur van die idiote is die tiende bundel van Abraham de Vries, een van die belangrikste beoefenaars van die kortkuns in Afrikaans.

Met hierdie bundel bring De Vries interessante nuwe ontwikkelinge, maar sluit tog ook in belangrike opsigte aan by sy vorige werk.

Die verhale speel teen 'n wye agtergrond af: van die Klein Karoo na Natal, van 'n half vergete klein stranddorpie aan die Kaapse suidooskus na die grootstad of na Griekeland. En daar is 'n wye verskeidenheid mense hier te ontmoet: vermoëndes wat hulle aan die lewe onttrek maar tog voorttas na rigting en sin, Karel Afrikaner wat oor die verlede sit en mymer op sy werf, toeriste wat in Griekeland rondreis maar eintlik in 'n veel wyer sin van die woord op reis is, 'n moeder en dogter vasgevang in 'n dorpse milieu waar almal van almal weet, werknemers en wergewers gewikkel in 'n patroon van lojaliteit en verraad in 'n rustige boeregemeenskap, 'n afbeenman in 'n rystoel wat op die perron van 'n stasie sit en statistiek opstel oor hoeveel passasiers aan die verkeerde kant van die trein, aan die wit of die swart kant, aflim ...

Subtiel, byna tersluiks word temas soos die rasseproblematiek en die godsdiens ingevoer en saamgebind tot 'n naatlose geheel. En ewe subtiel en oënskynlik inspanningsloos word daar beweeg van die realistiese na die surrealistiese, van die alledaagse na die absurde.

Kortverhaalbundel, 1980.

Voorin: Al die stories in hierdie boek is stories.

(Tweedehands by CAFDA Boekwinkel, Warwickstraat, Claremont, gekoop. Dit lyk of die boek 'n deel van sy lewe (vanaf 3 Mei 1982) in die biblioteek van Bishops, oftewel Diocesan College, deurgebring het.)

Journal Entry 2 by Stoepbrak at Cape Town, Western Cape South Africa on Thursday, September 29, 2011
Ek was gelukkig om sommer drie kortverhaalbundels van Braam de Vries op een dag by CAFDA se boekwinkel raak te loop: Dubbeldoor, Die uur van die idiote (hierdie boek) en 'n Plaaswinkel naby Oral. Die bundels is onderskeidelik in 1963, 1980 en 1994 uitgegee, so ek kon 30 jaar se kortverhaalkuns vergelyk en geniet.

Braam de Vries kan maar kortverhale skryf. Die detail is noukeurig, die mense eg, die situasies oortuigend. Of dit nou 'n komplekse, veelvlakkige verhaal is -- waarvan (hier-)die leser vermoed baie simboliek hom verbygaan -- of 'n kampvuurstorie in die beste tradisie, mens is bewus daarvan dat jy hier met 'n storiesmit te make het wat fyn luister, fyn kyk, en omgee vir mense.

Journal Entry 3 by Stoepbrak at Cape Town, Western Cape South Africa on Sunday, May 6, 2012

Released 11 yrs ago (5/6/2012 UTC) at Cape Town, Western Cape South Africa

CONTROLLED RELEASE NOTES:

Given to Izikhova.

Journal Entry 4 by Izikhova at Cape Town, Western Cape South Africa on Sunday, June 3, 2012
Received from Stoepbrak.

Journal Entry 5 by Stoepbrak at Cape Town, Western Cape South Africa on Wednesday, January 4, 2023
Returned to me, for release.

Released 1 yr ago (1/10/2023 UTC) at Help the Rural Child Chty Shp, Vct Rd in Cape Town, Western Cape South Africa

WILD RELEASE NOTES:


Donated to Help the Rural Child, a charity second-hand bookshop.

If you are new to BookCrossing and found this book, welcome! Enjoy the site, the book, and the BookCrossing community.

Whether you decide to join or not, please make a journal entry — now, and again when you decide to release the book to continue its journey.


Read and Release!

Are you sure you want to delete this item? It cannot be undone.